Digitale bemarking in Afrikaans

Al ons dienste word in Afrikaans aangebied

Digitale bemarking in Afrikaans

The Social Media Company is trots daarop om ’n volledig tweetalige bemarkingsagentskap te wees.

Die Afrikaanse taal is deel van die fondasie waarop ons besigheid gebou is en lê baie van die spesialiste in ons span na aan die hart.

The Social Media Company kon oor die afgelope paar jaar sterk bande smee in die Afrikaanse gemeenskap en dit is ’n voorreg om na die bemarkingsbelange van ’n verskeidenheid vooruitstrewende Afrikaanse handelsmerke om te sien.

Hierdie trots Suid-Afrikaanse en Afrikaanse ondernemings sluit onder andere die gewilde Janpap Braaipap in, sowel as die Basilie restaurant in Brandfort en Vetmuis Plaaskombuis in Richmond.

Baie van ons kliënte vereis ook sosiale-mediaveldtogte wat in Engels en Afrikaans verskyn, soos die Bloemfonteinse ondernemings Key Wealth en Picnic, tesame met die Richmond Meats & Deli.

Al ons dienste word in Afrikaans aangebied. Dit sluit onder andere in:

  • Die bestuur van handelsmerke op sosiale-mediaplatforms soos Facebook, Twitter, LinkedIn en Instagram
  • Die ontwerp van enige en alle reklamemateriaal
  • Kopieskryfwerk en redigering
  • Bemarking
  • Die bou en bestuur van webtuistes
  • Die bestuur van handelsmerkambassadeurs

Angie Gallagher, hoofkopieskrywer by The Social Media Company, is ’n passievolle opkomende Afrikaanse digter. Van haar gedigte is opgeneem in die Nuwe stemme-digbundelreeks, en liefhebbers van die Afrikaanse digkuns kan haar gereeld by kunstefeeste hoor.

Die besturende direkteur van The Social Media Company, Enrique Grobbelaar, se kortverhaal, “Binnelandse sake” is in die 2019 US Woordfees-kortverhaalbundel gepubliseer en ook deur kykNET in ’n kortfilm omskep vir die Silwerskermfees.